Outisme Hulpbronne in Afrikaans

Dis amper ontmoonlik om enige produkte soos visuele dagbeplanners, werkboeke en plakkate vir Outisme te kry in Afrikaans.

Ons eerste stap is om die regte te kry om die PECS beelde te gebruik sodat ons dagbeplanners beskikbaar kan maak aan julle. Maar dit vat nogal 'n tydjie.

Intussen het ons die Smart Heart produkte gekry in Afrikaans en sal meer en meer Afrikaanse produkte beskikbaar maak.

Indien daar enigiets is wat julle gesien het in Engels en graag in Afrikaans wil he, laat ons weet sodat ons dit kan maak.